Welkom by Agri Letaba

Agri Letaba is ‘n boerdery organisasie wat lede het vanuit beide die landbousektor sowel as die industriële sektor. Dit is die mondstuk van georganiseerde landbou in die Letaba distrik, en is die direkte skakel tussen plaaslike regering en die landbousektor. Agri Letaba is geaffilieer by Agri SA deur Agri Limpopo.

Agri Letaba bestaan tans uit 130+ lede en is ‘n dinamiese boerdery organisasie. Die organisasie hou jaarliks vier vergaderings (elke drie maande) om belangrike kwessies soos Elektrisiteit, Veiligheid, Arbeidsake sowel as Grondherverdeling en Grond-eise. Die organisasie is ‘n vrywilligers organisasie wat daar gestel is om in die beste belang van die boer op te tree, en daarom is dit vir Agri Letaba uiters belangrik om gereelde direkte kommunikasie ook met sy lede via elektroniese media te hê. Die Organisasie word deur ‘n bestuurskommitee gedryf wat bestaan uit 6 boere wat uit verskillende areas van die distrik verteenwoordig, verder is daar oor ‘n voltydse administrasie dame wat sorg dat die belangrike inligting so spoedig moontlik by lede uitkom. Vir meer inligting oor die bestuur sien graag die Bestuursbladsy.